Massaskietvoorval in Baltimore die VSA se 338ste vanjaar

Die polisie in Baltimore het ‘n soektog van stapel gestuur na verdagtes wat twee mense by ‘n blokpartytjie in die Brooklyn Homes-gebied in Suid-Baltimore doodgeskiet het. Die slagoffers was 18- en twee-jaar oud. Agt-en-twintig mense is beseer en drie is in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal. Daar was teen Sondag 338 massa-skietvoorvalle vanjaar in Amerika. Baltimore se burgemeester, Brandon Scott, sê hierdie tragedie beklemtoon die gevolge van die oorvloed onwettige wapens en die noodsaaklikheid om dit aan te spreek: