Wen-wen plan met botterskorsies en die Capricorn-stigting

Die Capricorn-stigting het 100 000 Namibiese dollar bygedra om 10 ton botterskorsies by die Mariental-akkerbouprojek aan te koop vir verspreiding na 80 liefdadigheidsorganisasies in tien streke in die land. Met droogte-toestande in talle gebiede in die land, gepaard met erge armoede, is voedselhulp broodnodig. Marlize Horn, van die stigting het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.