Wes-Indiese Eilande kwalifiseer nie vir Wêreldbeker nie

Die Wes-Indiese Eilande is uit die Wêreldbekertoernooi. Hulle het ‘n kwalifiserende wedstryd in Harare met sewe paaltjies teen Skotland verloor, terwyl hulle moes wen om die kwalifiseringshoop lewend te hou. Die Windies is vir 181 in hulle 50 boulbeurte uitgeboul. Skotland het die teiken bereik met net meer as ses boulbeurte oor. Die Windies het geen punte in hulle drie wedstryde behaal nie en het slegs twee wedstryde oor in die Zimbabwe-Super Ses-fase. Hulle het vroeër ook teen die gashere en Nederland verloor.