Die As: Australië is in beheer

Die houers van die As, Australië, staan sterk op 130 vir twee in hulle tweede beurt in die tweede toets teen Engeland. Hulle het ‘n voorsprong gehad van 221 lopies toe reën spel vroeg beëindig het op die derde dag op Lord’s in Londen. Usman Khawaja, wie se honderdtal op Edgbaston verlede week Australië gehelp het om ‘n 1-0 voorsprong te neem in die reeks van vyf wedstryde, was met uitskeityd nog daar op 58. Steve Smith was onoorwonne op ses, ná sy 110 in Australië se eerste beurt totaal van 416. Engeland het in hulle eerste  beurt 325 behaal.