Okahandja het blykbaar geen plan om oorlewing wanneer verbypad oopmaak nie
Daar blyk om geen plan te wees om te verseker dat Okahandja oorleef na die verbypad voltooi is nie. Die Paaie-owerheid se uitvoerende hoof, Conrad Lutombi het aangekondig dat die pad tussen die Omakunde en Gross Barmen wisselaars teen Augustus voltooi sal wees en sal dan oopgemaak word vir gebruik. Okahandja se ekonomie, nes talle ander dorpe wat nie op die hoofroetes van die land is nie, sukkel reeds en daar is verskeie besighede wat staat maak op aankope deur toeriste, en so ook die houtkerwers op die dorp. Kosmos 94.1 Nuus het met verskeie rolspelers op die dorp gesels en niemand het enige inligting in die verband nie en daar is ook geen aanduiding dat enige vergaderings daaroor beplan word nie. Die verbypad sal verkeer om die dorp neem.