Pence lig sy mening oor weermag-bystand aan Wagner
Die voormalige Amerikaanse vise-president en Republikeinse kandidaat Mike Pence is op besoek aan die Oekraïne. Hy het met CNN gepraat oor die chaos met die mislukte Wagner opstand en die jongste berigte dat die leier, Yevgeny Prigozhin, moontlik hulp van binne die Russiese weermag gehad het. Die adjunkbevelvoerder van die Russiese weermag, generaal Sergei Surovikin, wat volgens berigte geweet het van die opstand, is sedert Saterdag nog nie weer gesien nie. Pence het sy mening in die verband so verwoord.