Junior Bokke kan nog vir die halfeindronde kwalifiseer
Die Junior Springbokke se afrigter, Bafana Nhleko, sê hy glo sy spelers kan die nederlaag teen Italië oorkom en vir die halfeindronde van Wêreldrugby se Onder 20-kampioenskap kwalifiseer. Suid-Afrika het hulle eerste nederlaag van die veldtog gely toe hulle in die Paarl met 34-26 teen Italië verloor het. Die gashere het nogtans ‘n bonuspunt vir hulle vier drieë gekry en het nou vyf punte op die punteleer. Nhleko sê daar is positiewe dinge wat hulle Dinsdag moet toepas in die bepalende wedstryd teen Argentinië: