Bewaringsgebiede moet nou met lodges saamwerk
Die adjunk-omgewingsminister, Heather Sibungo, sê dit is van kardinale belang dat lodge-operateurs direk met die bestuurskomitees van bewaringsgebiede in gesprek te tree en om te voldoen aan die gevestigde riglyne en regulasies wat deur die komitees en die ministerie uiteengesit word. Daarsonder, kan daar nie langtermyn volhoubaarheid van die gebiede wees nie. Die twee partye, wat saam mekaar uiters goed komplementeer, moet baie nou saamwerk om mekaar se aktiwiteite te beskerm en doelwitte te bevorder. Volgens Sibungo is dit ook belangrik dat komitees in beheer van die gebiede verseker dat die tradisionele owerhede as bewaarder van grond, en die streeksrade, behoorlik ingelig en geraadpleeg word om die lede in die gebiede direk te bevoordeel.