Junior Bokke draf vanmiddag uit in die Paarl

Die Junior Springbokke speel vandag in die Paarl teen Italië in hulle tweede Groep C-wedstryd in die Wêreldrugby Onder-20-kampioenskap. Suid-Afrika het Georgië verlede naweek in die openingswedstryd verslaan terwyl Italië na ʼn rooi kaart ʼn drag slae op die lyf geloop het teen Argentinië. Die afrigter van die Junior Bokke, Bafana Nhleko, maan Italië moet nie onderskat word nie: