Moontlikheid vir privaat vennootskap vir Meatco

Plaaslike berigte lui dat ‘n openbare-privaat vennootskap vir Meatco onder bespreking is. Die kabinet oorweeg tans die maatskappy se herstrukturering en so ‘n vennootskap vorm deel van die gesprek. Die landbouminister Calle Schlettwein het aan plaaslike media bevestig dat hy die idee dat die maatskappy geprivatiseer word verwerp en voorgestel dat 1,7 miljard Namibiese dollar daarin belê word – blykbaar van beide die regering en die privaatsektor. Maar, daar is nog geen besluit geneem nie. Hy sê die landbousektor maak staat op Meatco maar die maatskappy funksioneer nie. Die nuus kom na die maatskappy ‘n verlies van 118 miljoen Namibiese dollar aangekondig het met die ouditeurs wat sê Meatco kan nie sonder ‘n reddingsboei verder funksioneer nie.