In die korttermyn lyk SA-landbou goed

Die landbou-sakekamer Agbiz se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, sê die korttermyn landbouvooruitsigte lyk positief. Die toename in reënval gedurende die somer bied ondersteuning aan gewasproduksie en weiding. Sihlobo verwys na ‘n groeivoorspelling van 3cpersent vir die sektor vanjaar, vergeleke met groei van 0,9 persent verlede jaar. Sihlobo waarsku egter sekere uitdagings kan groei beïnvloed. Hy beklemtoon bewyse van die El Niño-weerverskynsel wat in Suid-Afrika ontwikkel, kan uitdagings meebring.