Luipert gesels oor haar kolom wat die herrie ontketen het

‘n Kolom oor die volksmoord wat deur plaaslike media gepubliseer is, het wyd reaksie uitgelok. Die kolom, wat deels deur Sima Luipert geskryf is, veroordeel die Namibiese en Duitse regerings oor die volksmoord ooreenkoms. Dit het die Forum van Duitssprekende Namibiërs gedwing om ‘n ope brief aan President Hage Geingob te rig omdat die forum, in sy woorde, kommer het oor die dialoog tussen die paryte wat verbrokkel. Die Ovaherero opperhoof, professor Mutjinde Katjiua was ook ontstoke oor die brief en meen die Duitsers lok die Ovaherero uit. Luipert het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hulle staan by hulle kolom en is ook bereid om enige tyd samesprekings te voer. Sy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.