Verblydend dat binnelandse sake buitelanders in gay-huwelike sal erken

Reaksie word ontvang op die kennisgewing van die ministerie van binnelandse sake dat hy voortaan buitelandse burgers in gay-huwelike, ingevolge die Namibiese immigrasiewette sal erken. Die ministerie sê hy sal voldoen aan die beslissing van die land se hooggeregshof. Volgens Toni Hancox, die direkteur by die Regshulpsentrum, is dit verblydend dat die regering die oppergesag van die reg erken, veral omdat dit een van die boustene vir demokrasie is.