Hoekom nie aanlyn-aansoeke vir Nam-skole nie?

Daar is jaarliks groot uitdagings vir ouers om plek te kry vir hul kinders by staatskole vir graad 1 en graad 8. Ouers slaap buite skole, daar is bedrog en omkopery en talle poog om hul kinders by meer as een skool in te kry omdat spasie beperk is. In die buurland werk aanlynaansoeke redelik goed en Kosmos 94.1 Nuus het met die adjunk-uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Edda Bohn gepraat oor hoekom die stelsel nie plaaslik toegepas word nie.

Bohn het ook ‘n waarskuwing vir ouers wat betalings maak om plek vir hul kinders te verseker. Sy sê hierdie ouers maak hul skuldig aan misdaad.