Russiese aanval in Kramatorsk dood agt
‘n Russiese missielaanval op ‘n winkelsentrum en gewilde restaurantdistrik in die oostelike Oekraïnse stad, Kramatorsk, het agt lewens geëis. Drie van die slagoffers was kinders en minstens 56 mense is beseer. ‘n Reddingsoperasie is tans aan die gang en vrese bestaan dat mense onder die puin vasgekeer is. In April verlede jaar is meer as 60 mense in Kramatorsk dood ná ‘n missielaanval op die stad se spoorwegstasie. Oekraïne se President Volodymyr Zelensky het die aanval op die stad ‘n manifestasie van terreur genoem.