Werkloosheid in Namibië: Sake vererger
Daar is altyd duisende aansoeke wat ontvang word wanneer ‘n handvol poste in Namibië geadverteer word. Jeugwerkloosheid word op 49 persent beraam en nou kom die nuus dat die Namibiese Statistieke-agentskap tot dusver 60 000 aansoeke van werklose Namibiërs ontvang het die vir 13 000 beskikbare poste vir die komende sensus. Die politieke ontleder professor Joseph Diescho sê die syfer verbaas nie en dat dit wil voorkom asof die stand van sake vererger.