VN plaas Russiese weermag op swartlys vir kindersterftes
Russiese magte het sedert die inval in Oekraïne 77 burgerlikes summier tereggestel en ander, wat aangehou is, wydverspreid en sistematies gemartel. Dit is volgens ‘n verslag deur die Verenigde Nasies se Menseregtekantoor. Die VN het sedert Rusland se inval in Februarie verlede jaar 864 individuele gevalle van arbitrêre aanhouding deur Rusland aangeteken. Hiervan was 763 mans, 94 vroue en sewe seuns. Matilda Bogner van die VN sê Oekraïne het ook internasionale reg oortree deur burgerlikes aan te hou, hoewel op ‘n baie kleiner skaal.