Dalk die Crusaders teen Munster… in Januarie ’24

ʼn Liplekker vooruitsig vir aanhangers is blykbaar moontlik met ʼn wedstryd tussen die pasgekroonde wenners van die Verenigde Rugbykampioenskap en die Super Rugby Pacific wat glo vroeg volgende jaar in Ierland gaan plaasvind. Munster is die kampioen van die VRK nadat hulle die Stormers verlede maand in die eindstryd geklop het, terwyl die Crusaders die Super Rugby Pacific-titel Saterdag die sewende jaar agtereenvolgens gebuit het deur die Chiefs te verslaan. Volgens berigte word die wedstryd vir Januarie in Limerick beplan.