Lesufi het geen plan sou kragnetwerk ineenstort nie
Die DA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi het geen gebeurlikheidsplan in plek in die geval van ‘n algehele verduistering nie – sou die Eskom-netwerk onstabiel raak en heeltemal ineenstort. Die party se Dorianne Arendse, sê die premier het gevra vir uitstel om vrae te beantwoord oor watter planne in plek is in die geval van ‘n algehele verduistering. Sy sê daar is ook geen bewyse dat die Provinsiale Rampbestuursentrum ten volle operasioneel is en al die hulpbronne het wat nodig is in geval van ‘n ramp nie: