Rassekwota op waterlisensies ook deur TLU SA veroordeel

Die landbou-organisasie TLU SA sê die rasgebaseerde toekenning van waterlisensies vir die buurland se landbou sal verreikende gevolge inhou vir die sektor se volhoubaarheid. Die Departement van Water en Sanitasie het verlede maand konsepregulasies voorgestel vir die toekenning van waterlisensies. Een van die vereistes is dat waterlisensies vir landbou en bosbou net toegeken word aan instellings wat tussen 25  en 75 persent in swart besit is. TLU SA se uitvoerende hoof, Bennie van Zyl, sê hulle is besig om hulle reaksie op die voorgestelde veranderinge aan die waterwetgewing, saam te stel.