Chaos in Rusland: Dit was nie ons nie, sê Biden

Amerika se President Joe Biden sê sy land en sy Westerse bondgenote het niks te doen met die Wagner-rebellie in Rusland nie. In sy eerste opmerkings in die openbaar sedert die naweek se gebeure, het hy gesê dit is deel van ‘n stryd in die Russiese stelsel. Wagner het Saterdag Rostov-on-Don ingeneem en in Moskou se rigting beweeg, wat ‘n noodtoestand tot gevolg gehad het. Hulle het egter omgedraai voordat hulle in die hoofstad aankom en nadat hulle ‘n ooreenkoms bereik het om die gewapende opmars te beëindig. Biden sê Amerika sal voortgaan om Oekraïne se verdediging en soewereiniteit te ondersteun: