Prigozhin sê opstand was protes, nie staatsgreep nie

Die hoof van die Wagner-huursoldaatgroep, Yevgeny Prigozhin, sê hulle opmars na Moskou die naweek was ‘n teken van protes en nie bedoel om mag oor die land te neem nie. In ‘n oudioboodskap van 11 minute wat vrygestel is, sê Prigozhin sy soldate het na Moskou opgeruk om die leiers wat hy blameer vir foute in die Oekraïnse oorlog, aanspreeklik te hou. Prigozhin het Saterdag ingestem om Rusland te verlaat en na Belarus te gaan nadat die Belarussiese President Alexander Lukashenko ‘n ooreenkoms bewerkstellig het om die gewapende rebellie te beëindig.