Kommunale boere sê Meatco se balansskale is ongelyk
Reaksie is van die kommunale boerdery-bedryf ontvang oor Meatco se jongste jaarverslag. Die ouditeure is van mening Meatco se verliese sou veel groter gewees het as die regering nie ‘n reddingsboei van 86 miljoen Namibiese dollar gebied het nie. Die kommunale boere meen Meatco ondersteun kommersiële boere meer en daar moet ‘n beter balans gevind word, veral ten gunste van kommunale boere noord van die sogenaamde rooilyn. Die waarnemende president van die Namibia National Farmers Union, Amon Kapi, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…