Aanklagte stapel op teen man wat voetganger doodry

Die 43-jarige man wat by Ondangwa glo onder die invloed van drank ‘n man doodgery en van die ongelukstoneel gevlug het, bly in aanhouding. Die bestuurder van ‘n Ford Ranger-bakkie het na die ongeluk sy voertuig verlaat en op die vlug geslaan, maar hy is aangekeer. Die verdagte het geweier om in die alkohol-toetsmeter te blaas, asook dat bloed deur ‘n dokter by die Onandjokwe-staatshospitaal getrek word. Aanklagte hoop op teen die beskuldigde. Die polisiebevelvoerder van die Oshana-streek kommissaris Naftal Sakaria het nóg skokkende inligting oor die voorval met Kosmos 94.1 Nuus gedeel…