Spertyd vir dieregesondheids-verklarings is 31 Julie
Veeboere word daaraan herinner om hul dieregesondheids-verklarings teen 31 Julie in te dien. Die Landbou Produsente-organisasie moedig produsente aan om hul verklarings aanlyn via die NamLITS-stelsel in te dien. Dit is verpligtend dat die verklarings binne 30 dae ná die einde van elke verslag-periode, elke ses maande, deur alle veeboere ingedien moet word. Rina Hough kommoditeits-analis van die organisasie, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê waar die vorms beskikbaar is…