Geknoeiery met bees-oorplaatjies in Noorde
Die direktoraat van veearsenydienste in die landbouministerie het ‘n geknoeiery met oorplaatjies vir beeste in die noordelike kommunale boerderygebiede opgemerk. Sommige boere koop oorplaatjies by die Vleisraad van Namibië en gebruik dit as vervangings-oorplaatjies vir bestaandes wat deur die veeartseny-amptenare tydens jaarlikse inentings-veldtogte aangebring word. Hierdie praktyk is heeltemal verkeerd en onaanvaarbaar. Oorplaatjies mag slegs aangebring word op beeste wat nie voorheen gemerk is nie of oorplaatjies verloor het. Dit sal lewenslank as permanente identifikasie bly, ongeag die verandering van eienaarskap van beeste. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Sarah Luvala van veeartsenydienste in die noordelike streek gesels.