EU beskou Rusland as broos

Die hoof van buitelandse beleid van die Europese Unie, Josep Borrell het Rusland se regeringstelsel as broos bestempel en sê daar is duidelike krake in die weermag as gevolg van die oorlog in Oekraïne. Borrell het verwys na die Wagner-huursoldategroep wat opgeruk het na Moskou, sy soldate laat terugdraai het. Die Wagner-groep veg saam met Russiese soldate in die oorlog in Oekraïne. Die leier van die Wagner-groep, Jevgeny Prigozhin is tot onlangs as Putin se bondgenoot gesien, maar sy opstand het daartoe gelei dat Putin hom as ‘n verraaier bestempel het. Borrell sê Putin was Prigozhin se poppemeester, wat nou teen hom draai, en politieke onstabiliteit in Rusland veroorsaak. Borrell sê lande moet nou meer as ooit, hul steun aan Oekraïne gee