Cholera-dodetal styg tot 43

Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid sê die dodetal in die cholera-uitbreking het van 32 tot 43 gestyg. Die syfer sluit laboratorium-bevestigde en vermeende gevalle in. Die land het meer as 1 000 vermeende gevalle van dié water-oordraagbare siekte in 15 uit 52 distrikte in vyf provinsies aangeteken, met 197 daarvan wat met laboratoriumtoetse bevestig is. Die departement sê 89 persent van die gevalle is in Gauteng aangemeld, met die res uit die Vrystaat, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga.