Atletiek: Linford Christie se Britse rekord spat ná 30 jaar
Atletiek: Die Britse naelloper, Zharnel Hughes het sy landgenoot Linford Christie se 30-jaar oue nasionale rekord in die mans 100 meter by die New York Grand Prix-byeenkoms in die Amerika gebreek. Hughes het ‘n tyd van 9,83 sekondes aangeteken, vier honderdstes van ‘n sekonde vinniger as Christie se rekord. Hughes het verlede jaar by die Europese kampioenskappe die goue medalje in die 200 meter en die silwer medalje in die 100 meter vir Brittanje verower.