Cyril: Westerse lande moet hul beloftes aan Afrika nakom

President Cyril Ramaphosa sê Afrika-lande wil daadwerklike optrede oor Westerse lande se finansierings-inisiatiewe vir die vasteland sien. Ramaphosa het die afsluiting-seremonie van die spitsberaad oor die Nuwe Wêreldwye Finansierings-ooreenkoms in Frankryk toegespreek. Hy sê byna 19 miljard Namibiese dollar per jaar is beloof en talle Afrika-leiers sal getuig die geld is nooit werklik beskikbaar gestel nie.