Adjunk-president Mbumba woon Borstlap se begrafnis by
Adjunk-president Nangolo Mbumba en ander politieke hoëlui was onder die roubeklaers wat vandag die roudiens van die geliefde sakeman van Otjiwarongo Theo Borstlap bygewoon het. Mense het van heinde en verre gekom Borstlap na sy laaste rusplek te lei. Hy is op 6 Junie oorlede in die Millpark-hospitaal in Johannesburg nadat hy op 4 Mei erge brandwonde op sy plot opgedoen het. Borstlap is in die Otjiwarongo-begraafplaas ter ruste gelê.