Talle lewens in moesson-reënseisoen in Suid-Asië geëis

Minstens 19 mense is dood in vloede wat veroorsaak is deur die jaarlikse moesson-reënseisoen in Suid-Asië, met ‘n week van onophoudelike reën wat duisende mense gedwing het om skuiling te soek in Indië. Oorstromings is algemeen en veroorsaak wydverspreide verwoesting gedurende die gevaarlike moesson-seisoen maar kenners sê klimaatsverandering verhoog die gereeldheid, felheid en onvoorspelbaarheid daarvan. Die dodetal van oorstromings en grondverskuiwings in Nepal het tot 14 gestyg, met meer as twee dosyn mense wat steeds vermis word.