Rugby: Jean Kleyn kry groen lig vor Bok-keuring
Rugby: Die voormalige Ierse toetsspeler, Jean Kleyn, het die groen lig gekry om vir die Springbokke gekies te word. Wêreldrugby het bevestig Kleyn, wat in Johannesburg gebore is, voldoen aan die nodige geboortereg-oordragvereistes. Die regulasie laat spelers toe om vir hul geboorteland gekies te word sodra ‘n tydperk van minstens 36-maande verloop het sedert hy laas vir sy aangenome land gespeel het. Die afrigter, Jacques Nienaber, sê die 29-jarige slot pas goed in by die Bokke.