Rust-rolprent se wapenhanteerder peuter glo met bewyse
Aanklaers in Mexiko het die roplprent, Rust, se wapenhanteerder Hannah Gutierrez-Reed aangekla dat sy met bewyse gepeuter het. Sy is reeds van onwillekeurige manslag aangekla na die noodlottige skietvoorval waarin die rolprent-fotograaf Halyna Hutchins dood is. In hofdokumente beweer aanklaers Gutierrez-Reed het op 21 Oktober 2021 narkotiese middels aan ‘n ander persoon gegee om haar eie aanhouding, vervolging en skuldigbevinding te keer. Dit is dieselfde dag waarop Hutchins op die stel dood is. Haar prokureur Jason Bowles sê dis skokkend dat die spesiale ondersoeker nou ná maande se ondersoek met ‘n splinternuwe aanklag kom.