Cyril vra meer geld vir Billike Energie-oordrag
President Cyril Ramaphosa sê dis belangrik dat vennootskappe vir billike energie-oordrag deur ‘n land gelei en besit word. Hy het deelgeneem aan ‘n paneelbespreking oor groen-groei-vennootskappe by die beraad vir ‘n nuwe globale finansierings-verdrag in Frankryk. Suid-Afrika het in November 2021 ‘n geskiedkundige billike-energieoordrag-vennootskap met Frankryk, Duitsland, die Verenigde Koninkryk, Amerika en die Europese Unie onderteken. Ramaphosa sê meer klem moet geplaas word op die billike deel van die oorgang wat die strukturering van die beleggingsplan en die ooreenstemmende finansiële pakket betref.