Elektriese voertuie kan ook by die huis herlaai word

Soos elektriese voertuie al hoe meer gewild word in Namibië as gevolg van ‘n bestendige styging van brandstofpryse en die toenemende skaarsheid van nuwe voertuie en voertuig-onderdele, is baie potensiële kliënte bekommerd oor die beskikbaarheid van herlaai-stasies vir elektriese voertuie. Kosmos 94.1 Nuus het met Jens Denk, ‘n aandeelhouer by Electric Vehicles Namibia, gesels, wat Namibiërs aanmoedig om elektroniese voertuie te koop, omdat hulle ook by die huis herlaai kan word.