Drie presidentskandidate vir Zimbabwe

Kandidate vir die presidentskap van Zimbabwe moes hul dokumente by die sogenaamde nominasiehof indien. Dit sluit in die huidige President, Emerson Mnangagwa, wat ook die leier van Zanu PF is. Die opposisieleier van die Citizens Coalition for Change-party, Nelson Chamisa, en die voormalige minister, Saviour Kasukuwere, sal vir die eerste keer aan die presidensiële verkiesing deelneem. Kasukuwere is ‘n voormalige lid van die Zanu PF. Hy was ook ‘n lid van oupresident Robert Mugabe, se kabinet voordat Mugabe deur die weermag uit sy amp gedwing is. Kasukuwere sê hy wil verandering bring in Zimbabwe.