Migrante-boot sink onderweg na Kanarie Eilande
Meer as 30 migrante word vermis nadat ‘n boot onderweg na Spanje se Kanarie Eilande gesink het. Twee hulp-organisasies wat op migrante fokus, sê die boot het 59 mense vervoer. ‘n Bron van die Spaanse kuswag het aan internasionale nuusagentskappe gesê dat 24 mense gered is, en dat twee liggame gevind is. Meer as 5 900 migrante het tussen 1 Januarie en 15 Junie die Kanarie-eilande bereik, wat 31,5 persent minder is as dieselfde tydperk verlede jaar.