Nóg oorstromings in die Kaap verwag

Inwoners van Sandvlei en Faure in Macassar, Kaapstad, vra voortgesette steun omdat hulle nog oorstromings verwag. Talle mense is uit hulle huise gedwing en sommige het hulle besittings en belangrike dokumente verloor. Die oorstromings het veral informele nedersettings in laagliggende gebiede geraak, en is vererger deur onwettige storting in stormwater-infrastruktuur. Die plaaslike wyksraadslid, Peter Helfrich, sê gelukkig is geen sterftes aangemeld nie.