Tutaleni-polisiestasie open op Walvisbaai
Die Tutaleni-polisiestasie in Kuisebmund op Walvisbaai is vandag amptelik deur die minister van veiligheid, dr. Albert Kawana en die Namibiese polisie-hoof, inspekteur-generaal Joseph Shikongo ingehuldig. Die polisiestasie bestaan uit ‘n aanklagkantoor en 8 aanhoudingselle, ‘n raadsaal, 23 kantore, twee blokke kaserne met ‘n totaal van 40 slaapkamers, drie drie-slaapkamerhuise, twee waghuise, ‘n diensgebou, vulstasie, sokkerveld, en parkeergebiede wat ook as paradegronde kan dien. Die polisiestasie het ook ‘n bussie, bakkie, twee sedanvoertuie en rekenaars ontvang. Burgemeester Trevino Forbes het sy trots oor die nuwe polisiestasie met Kosmos 94.1 Nuus gedeel…