Zimbabwe teken rekord-tabakverkope aan
Zimbabwe, wat homself as een van die wêreld se voorste produsente posisioneer, het ‘n oplewing in tabakverkope ervaar. Die Zimbabwiese regering het onthul 261 miljoen kilogram tabak is verkoop sedert die begin van die verkoop-seisoen in Maart. Die waarnemende minister van inligting, Jenfan Muswere, het die regering se landboubeleid geloof en sê die sukses van swart boere wat grond ontvang het onder die hervorming, vorm 60 persent van die 150 000 boere wat hierdie seisoen tabak verbou het. Muswere sê kleinskaalse swart boere het 85 persent tot die algehele oes bygedra.