Eskom-loonooreenkoms sal R1,3 miljard kos

Daar word beraam dat Eskom se salarisooreenkoms van drie jaar die kragverskaffer met ‘n tekort van sowat 1,3 miljard Suid-Afrikaanse rand per jaar kan laat. Eskom het verlede Donderdag ‘n ooreenkoms van ‘n sewe-persent-salarisverhoging met Numsa, NUM en Solidariteit bereik. Die partye het ook ingestem tot ‘n sewe-persent verhoging in die behuisingstoelaag oor die periode van drie jaar, en ‘n eenmalige belasbare betaling van tien-duisend-rand vir die eerste twee jaar. ‘n Kenner van politieke ekonomie, Peter Attard Montalto, sê belegging in onderhoud en transmissie sal waarskynlik onder hierdie ooreenkoms ly.