Swartbooi wil weet oor Swapo se betrekkinge met China

Die leier van die Landless People’s Movement Bernadus Swartbooi het in die parlement aangedui dat hy op 29 Junie vanjaar vrae aan die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, wil vra oor Namibië onder die Swapo-party se betrekkinge met China. Swartbooi het verwys na die seminaar wat deur Namibië Instituut vir Publieke Administrasie,  Nipam, saam met die Chinese ambassadeur aangebied is. Een van die vrae wat Swartbooi wil vra, is wat is die grense van samewerking, indien enige, met die Chinese regering is, en watter voordele Namibië uit hul sogenaamde vriendskap met China sal trek?