Alle loterye moet ‘n lisensie hê, ook Smit s’n
Die toerismeminister Pohamba Shifeta het vanoggend ‘n perskonferensie gehou oor die huidige status, implementering en uitdagings met betrekking tot die nuut geïmplementeerde lotery- en dobbelwet. Dit kom nadat die voorsitter van die Loteryraad in die Namibiese toerismeministerie, Michael Mutonga, in ‘n mediaverklaring beklemtoon het dat die sogenaamde Multi Million Online Real Estate Lotery, die Namibia Property Raffle-projek van Basil Smit nie deur hom goedgekeur is nie en daarom is dit ’n onwettige lotery. Die program behels Amani Lodge en Burgs View Boutique Hotel wat glo 29 miljoen Namibiese dollar werd is en met ’n lottotrekking gewen kan word. Shifeta sê sonder ‘n lisensie is die lotery onwettig.