Kern-dreigement is eg – Biden

President Joe Biden het sê die bedreiging dat Russiese President Vladimir Putin taktiese kernwapens gebruik, is eg, dae nadat hy Rusland se ontplooiing van die wapens in Belarus aan die kaak gestel het. Hy het die stap as absoluut onverantwoordelik beskryf. Hy sê toe hy twee jaar gelede sy kommer oor die Colorado-rivier wat opdroog gedeel het, het almal na hom gekyk asof ek mal is. Hulle kyk weer nou na my so. Hy sê die bedreiging is daadwerklik. Verlede week het Belarus se President Alexander Lukashenko gesê sy land het begin om Russiese taktiese kernwapens te ontvang, met sommige wat drie keer kragtiger is as die atoombomme wat die VSA in 1945 op Hirosjima en Nagasaki gebruik het.