Swapo leer by MPLA oor hoe om olie te bestuur

Die ministerie van myne en energie se werksbesoek aan Angola duur voort. Die adjunkminister Kornelia Shilunga is die week daar om by die land te leer oor hoe die petroleumbedryf werk. Daar is verskeie ooreenkomste wat onderteken word en volgens wat berig word sal die Swapo-regering aandele in die Lobito-raffinadery, wat nog beplan word, bekom. Die ministeriële woordvoerder, Andreas Simon het die jongste oor die besoek aan die buurland.