SAA-Takatso samesmelting word ondersoek
Die Mededingingstribunaal in Suid-Afrika gaan begin met verhore oor die voorgestelde samesmelting tussen Takatso Aviation en die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Takatso beoog om ‘n 51 persent aandeel in die lugdiens se aandelekapitaal van die Suid-Afrikaanse regering te verkry. Die Mededingingskommissie het by die tribunaal aanbeveel om die samesmelting goed te keur onderhewig aan sekere voorwaardes wat daarop gemik is om mededinging en indiensnemingsverwante bekommernisse die hoof te bied. Die tribunaal sal voorleggings aanhoor van Takatso en die lugdiens, die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging en die Suid-Afrikaanse Lugdiens se Vlieëniersvereniging.