Vlugtelinge verteenwoordig die beste in die menslike gees
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê vlugtelinge verdien ondersteuning en samehorigheid en hulle het dít nodig eerder as geslote grense en terugslae. Dit is vandag Wêreld-vlugtelinge-dag met die tema, Hope Away From Home. Meer as 100 miljoen mense van lande wat gebuk gaan onder konflik, vervolging, honger en klimaatsverandering, moes uit hul huise vlug. Guterres sê vlugtelinge verteenwoordig die beste in die menslike gees: