Unam: Koedoe wou dalk vir 2024 akademiese jaar inskryf
Koedoes dink ook die Universiteit van Namibië is ‘n lekker kampus. ‘n Koedoebul het sy weg na die hoofkampus gevind en in die administrasieblok opgeland. Die gladde vloere is egter nie vir koedoehoewe ontwerp nie wat daartoe gelei het dat die koedoe gegly en ongelukkig een van sy agterpote beseer het. Die sekuriteitspan van het dadelik die omgewingsministerie gekontak. Nadat die erns van die koedoe se besering vasgestel is, is besluit om die dier van kant te maak om verdere lyding te voorkom. Die ministerie het die karkas geneem vir verdere waarneming en die nodige toetse. Die woordvoerder van Unam Simon Namesho sê op ‘n ligter noot die koedoe wou dalk vir die 2024 akademiese jaar ingeskryf het.