DA kritiseer onderwysminister oor leeskrisis
Die DA kritiseer die minister van basiese onderwys, Angie Mothskga, omdat sy die skokkende uitslae van die Geletterdheidstudie vir die Vordering in Internasionale Lees afmaak. Die studie toon slegs een uit elke vyf leerders in graad 4 lees met begrip. Die party beskuldig Motshekga daarvan dat sy weinig doen oor die swak leesvaardigheid, onvoldoende skoolbiblioteek-geriewe en die moontlike negatiewe uitwerking van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette. ʼn Woordvoerder van die DA, Baxolile Nodada, raai die minister aan om voorrang te gee aan kinderonderwys en om te oorweeg om te bedank.